Hi daar!

‘n Baie groot dankie van almal van ons van Ki-Deo vir die wonderlike geskenke (kruideniersware en geskenkbewyse) wat ons weereens van julle af ontvang het.  Dankie vir julle uitreik en omgee en dat julle ‘n gemeenskap is wat werklik betrokke is. Dankie aan Kim vir haar inisiatief en die leiding wat sy hierin geneem het en al haar moeite om dit so ‘n groot sukses te gemaak het.  Dit word regtig so waardeer en help dit geweldig baie en kan ons 2013 begin en weet dat ons genoeg sal hê om ons deur die eerste ruk te dra.

Dankie aan almal wat gereeld hier stop met ‘n ietsie, hetsy dit nou beskuit is, ‘n tannie wat pruime uit haar tuin gepluk het, iemand anders wat die kinders kom bederf het met snoepgoed vir die eksamen en so kan ek aangaan. Dankie dat ons op jul knoppies kan druk wanneer daar ‘n noodsituasie is en dat julle altyd bereid is om te help, dit is wonderlike om so ‘n ondersteuningsnetwerk te kan hê en ons waardeer julle regtig baie!

Baie dankie aan die persoon wat ‘n sakkie vol munte gegee het vir die tandemuis, dit was vreeslik dierbaar en het my terug laat dink aan die een middag wat ek by die huis gekom het, seker so 3jr gelede en die klomp kleintjies my hoogs benoud bestorm het en vertel het dat die tandemuis dood is, daar was ‘n dooie muis in die tuin! Ek het toe mooi verduidelik dat daar gelukkig meer as een tandemuis is en dat hulle darem nog hul geldjie sal kry vir hul tandjies. Met ‘n groot seremonie waar daar gesing en gebid was, is die tandemuis toe begrawe! Al is die jongstes 9jr oud, glo hulle nogsteeds aan die tandemuis en word die tandjies gereeld nog in ‘n skoen gesit vir die tandemuis vir ‘n geldjie en is dit ‘n groot opgewondenheid die volgende oggend wanneer die geldjie ontdek word!

Ek kan nie glo hierdie jaar is op sy rug nie en was dit maar ‘n moeiliker jaar met baie uitdagings, maar Jesus bly altyd getrou en was Hy daar vir ons en weet ons dat ons niks is en niks kan doen sonder Hom nie! Ons almal sien net vreeslik uit na die vakansie en om lekker te gaan rus.  Al ons kinders gaan al Vrydag uit na vakansieouers vir die vakansie en tel hulle ook al die slapies af, dit gee ons as gesin net weer tyd om bietjie asem te skep en lekker familietyd saam te spandeer!

Mag elke een van julle ‘n wonderlike Kersfees hê, veilig ry vir die van julle wat weggaan en geniet jul vakansie. Ek deel graag die volgende met julle:

Sy bestemming was die kruis, Sy dood was liefde, Sy rede was JY! Mag jul kersdag gevul wees met vrede, vreugde en baie liefde!

Blessings!

Theresa Geldenhuys
083 696 8600
012 644-2524