HELP ASB!

Benodig baie dringend vakansie ouers vir kinders oor die Desember vakansie!

Ons benodig baie dringend mense wat kan help om kinders gedurende die Desember vakansie te kan neem.  Ons het huidiglik 5 kinders wat vanaf 4 Desember 2013 tot  12 Januarie 2014 gaan inbly indien daar nie mense is wat kan uithelp om hierdie kinders ‘n huis oor die kerstyd te gee nie.

Jy hoef nie die betrokke kind die hele vakansie te neem nie, maar kan aanbied om vir bv 2 weke ‘n kind te huisves, wat ookal vir jou pas.

Daar is ‘n keuringsproses wat moet geskied en dit neem ‘n tydjie, dus is ons gedruk vir tyd om so gou moontlik mense vir die kinders te kry.  Die proses is baie eenvoudig, daar is ‘n aansoekvorm wat voltooi moet word, verklaring wat deur polisie gesertifiseer moet word waarin jy verklaar dat jy geen seksuele oortredings teen jou het nie, gesertifiseerde afskrifte van jou ID asook bestuurderslisensie en ‘n vorm waarin jy verklaar dat jy goed na die kind/ers sal omsien.  Na voltooiing van die vorms, sal ons maatskaplike werker, Liezel Smit ‘n onderhoud met jou reël vir finale keuring.

Hierdie vorms kan ek vir jou aanstuur en kan jy my kontak by 083 696 8600 / 012 644-2524 of e-pos na theresag@ki-deo.co.za sou jy be- langstel!

Wil jy nie dalk oor hierdie feesseisoen vir ‘n kind ‘n geleentheid gee om deel van ‘n familie te kan wees en ‘n verskil te help maak nie? Vat ons hande en help ons om ook vir hierdie kinders ‘n huis te kan gee.

KINDERS WAT VAKANSIE OUERS BENODIG IS SOOS VOLG:

Huis Dorandia:

Juan  (seun) – 10 jr
Shernene (dogter) – 14jr
Charleen (dogter) – 17jr
Annemarie (dogter) – 16jr

Huis Naledi:

Jonathan (seun) – 12jr